Rower sien sy gat!

boer_vs_zot.jpg

 

Vandag was 'n pragtige wind stil Saterdag Middag, Die eerste vier klub lede het reeds opgedaag om te ontspan en die dag te geniet...


Toe kom drie rowers uit die veld gehol, gewapen met 'n panga, 'n piksteel en 'n mes afsonderlik en begin die klub lede aan te val met die doel om te roof wat hulle kan. Die lede moes net koes vir die houe. Toe het hulle terug baklei en die rowers het sleg tweede gekom. Hulle was geslaan en geskop en gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Die een was oor die doring draad gegooi, Toe het die rowers gehardloop as of "hulle lewe daarvan afhang". Theo (bo links) sit toe rower (bo regs) agterna en jaag hom tot hy hom vang en gee hom sommer nog 'n pakslae met behulp van die locals wat beeste op gepas het. Terwyl die locals sy hande vas gebind het was die ander twee ook agterna gesit maar het ongelukkig weg gekom. Teen daardie tyd het die polisie al (in full force) op gedaag en die rower was gearresteer.

Gelukkig het niemand (wat saak maak) seer gekry nie en niks was gesteel nie behalwe 'n baadjie. Die eienaar van die baadjie se motors sleutels was daar in en is ook weg, en met geen spaar sleutels nie moes die voertuig huis to geabba geword het deur insleep dienste.

 

Hierdie was die vierde geval in minder as ses maande, Mense moet asb versigtig wees en NOOIT alleen gaan vlieg nie.

Laat hierdie vir almal 'n les wees: Vir al die lede van die klub, maar in die besonder vir die skurke. Hier gaan hulle op hulle moer kry!